EG Kidz

 n Hart vir Kinders en ‘n Lig vir die Wêreld

Ons Sondagskool is passievol oor kinders en ons begeerte is om hulle te onderrig deur die Woord, sodat hulle van jongs af ‘n sterk verhouding met die Here kan bou en volgens Sy wee kan wandel. Ons dra hulle laste deur gebed, ondersteun hulle en bemoedig hulle om God se wil te soek en gehoorsaam te wees aan Sy roeping op hul lewens 

Deur die leiding van die Heilige Gees leer ons die kinders om uit te reik na ander en om die lig van die wêreld te wees, helder te skyn vir Hom in alles wat hulle doen 

Ons Sondagskool kom elke Sondag van 08:30 – 09:45 bymekaar. Ons begin met ‘n halfuur van lofprysing en aanbidding, waarna die kinders na hul onderskeie klasse gaan waar hulle op hul eie vlak bedien word