Logos Bybelskool

In 2018 het Ds Riko Scholtz met ‘n bybelskool begin, die doel was om reg deur die Bybel te gaan en die agtergrond en diepte van elke boek in die Bybel te verstaan. Eers is dit aangebied in die gemeente en later op Youtube geplaas, en duisende mense reg oor die wêreld het ingeskakel en daarna geluister. Die volgende stap was om die boodskappe op WhatsApp te stuur op ‘n daaglikse basis, sodat Afrikaans sprekende mense in enige land bedien kan word. Deur hierdie medium is nog meer mense bereik 

Die Sleutel tot Diepte en Verstaan

Ons het unieke handboeke geskryf wat saam met die Bybel gebruik word. Die Ou Testament dien as die sleutel tot die Nuwe Testament en vind sy vervulling in die eerste en wederkoms van Christus. Op hierdie manier word die Bybel 'n toeganklike boek wat elke persoon in hul unieke omstandighede aanspreek 

Die Drievoudige Openbaring van die Skrif

Ons doel is om die Bybel op drie vlakke aan mense bekend te stel. Eerstens fokus ons op die agtergrond en boodskap vir daardie tyd en sy mense. Vervolgens ontdek ons die openbaring van God self in daardie gedeelte en Sy boodskap vir vandag se omstandighede. Die derde vlak onthul die profetiese en simboliese boodskap wat amper in elke hoofstuk van die Bybel gevind kan word. Op hierdie manier ontdek ons die volle diepte van die Woord van God 

Ons Roeping

Die doel is om ‘n voltydse Bybelskool te stig, met ‘n besondere fokus op jongmense, en om bedienaars van die Woord te versterk deur die krag en die diepte van die Bybel. Ds. Riko is reeds betrokke by die Back to the Bible-projek, wat die behoefte aanspreek van predikers in Afrika wat nie formele opleiding ontvang het nie. Ons streef daarna om hierdie geestelike leiers te bemagtig met die nodige kennis en insig om God se Woord met krag te bedien