Oor Ons
Wie is Ons
Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige, evangeliese kerk wat op 'n Gereformeerde grondslag berus. Ons reik die hand van vriendskap en welwillendheid na elke Christus-belydende kerk. Ons is 'n evangeliese kerk wat die Woord van God erken as geïnspireerd deur die Heilige Gees en daarom onfeilbaar is. Ons glo dat elke mens wedergebore moet word en daarna 'n pad van heiligmaking moet loop in 'n lewende verhouding met God. Verder verkondig ons genesing op grond van die wonde van Christus en het ons 'n sterk wederkomsboodskap en verwagting. Ons gemeente is daarop gerig om kinders van God toe te rus vir hulle dienswerk en, deur leerende prediking, hulle voor te berei vir die geestelike lewe.
Ons Visie
Die kerk is vasbeslote om kinders van God dissipels van Christus te maak. Ons konsentreer op 'n bediening met kinders en jeug, en dat gesinne gebou sal wees op sterk Bybelse waardes. Ons doen baie uitreike en kampe om hierdie doel te verwesenlik. Deur veranderde lewens dra ons ook die evangelie uit na 'n wêreld in nood. Ons werk plaaslik, asook op die sendingveld.
Met nederigheid kan gesê word dat die Kerk waaksaam bly oor wêreldgebeure en verwikkelinge, sodat raad en geestelike leiding gebied kan word teen die verleidende geeste wat miljoene mislei in hierdie laaste dae, voor die wederkoms van Christus
Die Scholtz-Familie: ’n Hart vir Jesus en Ons Gemeente
Ds. Riko en Yolande Scholtz, saam met hul drie kinders, is ’n dinamiese span in die EG Kerk Randfontein. Hulle leef as ’n voorbeeld van Jesus se liefde en dien met ’n opregte hart. Hul doel is om Jesus se boodskap duidelik oor te dra en om ’n geestelike tuiste te bied vir almal wat die Here liefhet.
Ons is geseënd om hierdie gesin as deel van ons gemeente te hê – hulle inspireer ons om elke dag nader aan Jesus te leef.
