Lydia Ministries
Handelinge 16:14 ... die Here het Lidia aangeraak sodat sy die goeie nuus oor Jesus gelowig aanvaar het
Die lewe is keuses en Lydia's leef nie meer vir haarself nie!
Lydia se lewe het nuwe betekenis en rykdom gekry nadat sy uitgevind het wat die "purper" wat sy daagliks verkoop se eintlike waarde is ...
Lydia was nie die laaste suksesvolle vrou wat haar hart en haar huis vir die Here oopgestel het nie!
Die Lydia's van die EGK probeer met die hulp en genade van ABBA VADER dieselfde te doen deur te koop en te verkoop en die wins aan te wend om sodoende die Woord van God te verkondig
Lydia's is nie net suksesvolle sakevrouens nie maar kyk ook waar en hoe hul ander vrouens se lewens kan verryk en verander tot eer van God
Lydia's leef Godvresend en dien die Here met ʼn passie
Aan elke vrou wil ons kom sê dat net soos wat God vir Lydia gebruik het, Hy vir jou ook wil gebruik!
Moet daarom nie die genadegawes wat in jou is minderwaardig ag nie maar wakker dit aan en beoefen dit soos wat Lydia die purperverkoopster gedoen het