CVV
IT IS NOT BY MIGHT, NOT BY POWER BUT BY MY SPIRIT 🕊🌈🩸✝
Ons is 'n span dames met 'n brandende passie vir ons Koning. Ons is oorgegee en het net een begeerte: dat ABBA Vader se wil deur ons lewens sal geskied. Ons is eenvoudige vate, maar met 'n kosbare skat binne-in ons, soos beskryf in 2 Kor. 4:7-11. Ons wil diensbaar wees en doen wat ABBA Vader van ons vra: om Sy liefde uit te dra en Sy lig te versprei in alles wat ons aanpak – of dit nou die reël van vergaderings, funksies, verkope of uitreike is
Ons is geroep, nie net vir ons gemeente se vrouens nie, maar vir elke vrou regoor die wêreld
Ons het 'n passie en liefde vir vrouens: om hulle te help, te bemoedig, en te ondersteun. Vir ons is dit belangrik dat elke vrou Jesus sal vind as haar persoonlike Verlosser, haar blydskap, vreugde, en krag in die Here sal vind, en weet dat Hy genoeg vir haar is – en sy vir Hom. Om in 'n liefdesverhouding met Hom te wandel en gefokus te wees, sodat sy haarself deur die oë van haar Skepper kan sien. Sy moet haar identiteit in die Here vind en haar roeping uitleef waarvoor God haar geroep het. Sy moet besef dat sy geliefd en waardevol is, geseënd is, en dat die Here se goedheid en guns oor haar is – 'n prinses, 'n stryder van ABBA Vader
Ons Hart en Strewe
is om te sien dat elke vrou sal weet wie sy is in Jesus Christus, haar gawes en roeping sal uitleef, fisies en geestelik gesond sal wees, en vry van alles wat haar terughou in die lewe. Dat sy volheid sal leef, met oorgawe, en opstaan om weer 'n verskil te maak in ander se lewens deur haar getuienis en wandel met die Here. Dat sy 'n kragtige instrument en bidder sal wees in ABBA Vader se Koninkryk. Jesaja 61
Ons Doel en Roeping
Is dat ons geseënd is om 'n seën vir ander te wees. Genesis 12:2-3
Ons bak, brou en verkoop ook baie sodat ons weer kan terugploeg in vrouens se lewens en waar die Here ons lei. Dis vir ons 'n voorreg om diensbaar te wees en bruikbare instrumente te wees in ons Koning se hand – terwyl ons self ook nog gevorm word
Daar word ook baie gelag en gekuier, want ons is baie goed daarmee! Ons voel soos een groot familie, en ons eer ABBA Vader, want Hy is die sentrum van alles
Ons nooi almal uit om deel te word van hierdie amazing groep en saam hande te vat. Ons het verskillende afdelings waar jy betrokke kan raak en jou passie kan uitleef