Christ 4 Life 

Ons is 'n jeugbediening waar Jesus en jongmense ons passie is. Ons doel is om die goeie nuus van Jesus se liefde te versprei en 'n geestelike familie te skep waar ons mekaar bemoedig, ondersteun, en saam pret het. Ons leer saam uit God se Woord en hoe om dit in ons daaglikse lewe toe te pas 

Elke Sondagmiddag van 16:00 - 18:00 kom ons bymekaar, met aktiwiteite wat wissel van speletjies en uitreike tot Lip Sync Battles en uitstappies 

Almal van 10 jaar en ouer is welkom. Kom word deel van ons familie en beleef saam met ons 'n lewe van geloof, groei en vreugde