Laaste Eer
Deernis en Troos in Tyd van Rou
Ons bediening staan gereed om families te ondersteun in een van die moeilikste tye – die afskeid van ’n geliefde. Ons doel is om die las vir die familie te verlig en ’n atmosfeer van liefde en meegevoel te skep
Na die begrafnisdiens bied ons verversings aan, sodat familie en vriende in vrede saam kan kuier en mekaar kan troos. Deur hierdie diens te lewer, neem ons die praktiese druk van die familie af, sodat hulle nie oor hierdie reelings hoef te bekommer nie en hul volle aandag op die afskeid en ander reëlings kan fokus
Met groot liefde en deernis bid ons vir elke begrafnisganger, met die hoop dat elkeen sekerheid oor hul verhouding met die Here sal vind. Ons dra spesifiek die naaste familie op in gebed, sodat hulle in hierdie moeilike tyd die troos van die Here sal ervaar en deur Sy krag gedra sal word
Dit is ons strewe dat almal wat ’n begrafnis bywoon, Jesus in ons diens sal sien en Sy liefde op ’n tasbare manier sal ervaar