Silwer Jeug
Silver Jeug is 'n spesiale groep vir ons senior lidmate van 60 jaar en ouer. Ons kom een keer per maand bymekaar vir 'n tyd van geselskap, gebed, en 'n bemoedigende boodskap uit die Woord. Dit is 'n geleentheid om saam te kuier, te bid, en ons geloof te bou
Elke byeenkoms sluit af met 'n koppie koffie of tee en iets lekkers om te eet, wat altyd die perfekte afsluiting vir ons tyd saam is
Ons hou ook daarvan om lekker dinge saam te doen – van speletjies speel tot die jongmense onthaal en saam met hulle tyd deurbring. Hierdie tye versterk ons geloof, skep 'n veilige ruimte om lief en leed te deel, en gee ons die geleentheid om saam vir ons gemeente, gesinne, en die wêreld te bid
Ons sluit elke jaar af met 'n spesiale jaareindfunksie, waar ons by 'n restaurant 'n heerlike maaltyd saam geniet
Sluit aan by ons Silver Jeug en ervaar saam met ons die vreugde van geloof, vriendskap, en lekker kuier. Jy sal nooit spyt wees nie