Toekomsrus
Bemoedig en Bedien deur die Woord van die Here
2024
Ons span het die voorreg gehad om vrouens te bedien en hulle te bemoedig met die Woord van die Here. Met Mattheus 11:28 as ons anker, het ons hulle herinner aan Jesus se uitnodiging
Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar dra, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.
Wat 'n voorreg was dit om elke vrou persoonlik te bedien, om hulle voete te was en saam met hulle te bid. Dit was 'n oggend wat ons nooit sal vergeet nie – 'n tyd van diepe rus en geestelike vernuwing
Die wonderlikste van alles is dat, hoewel ons gegaan het om hulle te bedien, ons ryker teruggekom het as wat ons gegaan het. Ons het gesien hoe die Here lewens aangeraak het, en daarvoor bring ons AL die eer aan Hom. Dankie, Abba Vader, alle eer kom U toe!