Barmhartigheid
Die Hart van Omgee
Die Barmhartigheidsbediening is geroep om die laste van ander te help dra, veral dié van weduwees, weeskinders, en diegene wat in nood is, soos Jakobus 1:27 ons aanmoedig. Ons doel is om die liefde van Jesus prakties uit te leef en te versprei, sodat almal, selfs dié wat die Here nog nie ken nie, Sy goedheid kan ervaar
Ons bied kospakkies aan vir die wat deur moeilike tye gaan en kyk hoe ons mense kan ondersteun, soos die Here vir ons voorsien. In Desember gee ons ’n bederfpakkie om die feestyd vir gesinne spesiaal te maak, en in Januarie help ons ouers met skryfbehoeftes en skoolklere vir die kinders
Ons is afhanklik van skenkings en is dankbaar vir elke hand wat al gegee het. Ons missie is om ander te leer om op God te vertrou en om Hom te vra, soos Johannes 14:13-14 ons leer. Dit is ons visie dat almal wat deur swaar tye gaan, nader aan God sal beweeg en Sy voorsiening sal ervaar
Aan ons medewerkers wil ons sê: "Laat ons nie moeg word om goed te doen nie" (Galasiërs 6:9-10). Mag die Here elkeen seën wat met 'n sagte hart en gewillige hand ander help