CVV Gebedskrygers
Staan Saam in Gebed
Ons groep se hart is om vir elke dame in die gemeente spesifiek in te tree, een keer per jaar, en om Jesus se voorbeeld te volg deur gebed en voorbidding. Soos Romeine 8:34 sê, "Jesus sit aan die regterhand van God en tree vir ons in," en in Hebreërs 7:25 lees ons dat Hy "altyd lewe om vir ons in te tree."
Ons doel is eenvoudig maar kragtig: om elke jaar vir een van ons geliefde sussies in die gemeente op 'n spesifieke dag in gebed voor die Here te bring. Ons gebruik 'n lede lys en elke dag word 'n dame per WhatsApp gekontak om te hoor waarvoor ons spesifiek vir haar kan intree. Dit is vir ons 'n groot voorreg om hierdie diens te verrig en elke vrou in gebed voor ABBA Vader se voete te bring, haar te ondersteun, en haar hande omhoog te hou deur gebed.
Ons nooi jou hartlik uit om deel te word van hierdie kosbare bediening. Saam kan ons vir ons geliefde sussies intree, in hulle lewens saai, en 'n verskil maak in die Koninkryk van God.