Lof en Aanbidding

 'n Roeping tot Voorsang

Ons voorsang bediening by EG KERK Randfontein speel 'n sleutelrol in die voorbereiding van die gemeente se harte vir die Woord van God. Ons is 'n span van 6 voorsangers, geroep deur die Here om 'n verskil te maak in Sy Koninkryk. Deur lofprysing en aanbidding poog ons om die gemeente, onder leiding van die Heilige Gees, na die troonkamer van God te lei 

Ons glo dat ware aanbidding nie net sang is nie, maar 'n ontmoeting met God. Ons doel is om 'n atmosfeer te skep waarin lidmate ontvanklik is vir die suiwer Woord van God, sodat hulle die volle impak van Sy teenwoordigheid kan ervaar 

Wil jy saam met ons die Here loof en aanbid 

Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie betekenisvolle bediening. As jy 'n hart het vir aanbidding en geroepe voel om ander in die teenwoordigheid van God te bring, sluit by ons aan! Saam kan ons 'n groter impak maak en die lof van die Here oor ons gemeente uitstort 

Top 20 

Lof en Aanbidding Liedere vir die Maand