Verskiettende Sterre

Die Lig van Ons Gemeente

Ons senior burgers is die Verskiettende Sterre✨ van ons kerk, wat die lig van hul geloof, wysheid en gebede deur die hele gemeente versprei. Hul lewens en toewyding is ’n bron van krag en inspirasie vir ons almal. Ons glo dat hul gebede ons kerk versterk en hul lig ons pad verlig 

Elke jaar, gedurende ons Oktober-funksie, staan ons stil om hul waardevolle bydraes te vier en hulle te bedank vir die rol wat hulle speel in die geestelike groei van die kerk. Ons probeer ook om 'n lekker, ontspannende geleentheid te reël, soos die OUlipiade, boemelaarsbraai,ens. Hierdie prettige geleenthede bring die gemeenskap nader aan mekaar en gee ons senior burgers die kans om saam te kuier en te lag 

As jy wil deel wees van hierdie pragtige bediening en help om ons Verskiettende Sterre✨ te eer, nooi ons jou om by ons span aan te sluit. Kom, maak saam met ons 'n verskil