Putstop

Waar Vroue Herleef met Lewende Water

Putstop is daardie spesiale plek waar ons as dames elke Woensdag gedurende die kwartaal bymekaarkom vir 'n blaaskans – soos die vrou by die put. Hier neem ons tyd om saam om die Woord te kuier, nuwe perspektiewe te ontdek oor ons ware identiteit in Christus, en verryk te word deur Sy waarheid.

Ons delf dieper in die Woord, hoor mekaar se harte, en gaan weg, verkwik en versterk, net soos die vrou by die put. Ons verlaat Putstop met Lewende Water wat nooit opdroog nie, gereed om ander voor te stel aan die EEN wat ons lewens verander het.

Kom sluit by ons aan vir ‘n tyd van vernuwing, diep gesprekke, en om jou siel met God se onuitputlike krag te verfris!